Tarkastad is 'n klein dorp in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika, sowat 78 km oos van Cradock en 64 km wes van Queenstown, 1 310 m bo seespieël en in die middel van 'n goeie skaapboerderygebied. 'n Takspoorlyn verbind die dorp met Bowker's Parkstasie, 4 km wes van Queenstown,[2] maar dié spoorlyn is in 1988 vir spoorverkeer gesluit en word nie meer in stand gehou nie.
↑Som van die hoofplekke Tarkastad en Zola tydens 2011-sensus.