Tempel van Baalsamin | ||
Land | Sirië | |
Streek | Siriese Woestyn | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iv | |
Verwysing | 23 (1980, 4de sessie) | |
Toestand | Verwoes | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Terrein van Palmyra | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die Tempel van Baalsamin of Baal Sjamin was ’n antieke tempel in die antieke stad Palmyra, Sirië, wat gewy was aan die Kanaänitiese godheid Baalsamin. Die tempel se vroegste fases dateer van die laat 2de eeu v.C.[1] Dit is in 131 n.C. gebou, terwyl die altaar voor die gebou uit 115 n.C. dateer.[2] Met die kerstening van Palmyra in die 5de eeu is die tempel in ’n kerk omskep[3] en daarom was dit een van die bes bewaarde geboue op die terrein.[3] Switserse argeoloë het dit in 1954–'56 begin opgrawe. In 1980 is die hele antieke terrein tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.
Die tempel is in Augustus 2015 verwoes deur die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) nadat hulle die terrein in Mei 2015 beset het.