Tifariti تيفاريتي | |
---|---|
Tifariti in 2005 | |
Koördinate: 26°9′29″N 10°34′1″W / 26.15806°N 10.56694°W | |
Omstrede gebied | Wes-Sahara |
Opgeëis deur | Marokko Arabiese Demokratiese Republiek Sahara |
Gekontroleer deur | Arabiese Demokratiese Republiek Sahara |
Regering | |
• Tipe | Munisipaliteit |
• Burgemeester | Mohammed Salem Dayah[1] |
Hoogte | 490 m (1 610 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 000 |
Tydsone | UTC±00:00 (GMT) |
Tifariti (Arabies: تيفاريتي; Berbers: Tifariti) is 'n oasestad in die noordooste van die omstrede gebied Wes-Sahara en dien as de facto hoofstad van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, terwyl hulle Laâyoune as de jure hoofstad opeis. Laasgenoemde is in die deur Marokko besette gebied geleë. Dit is sowat 15 km (9 myl) noord van die Mauritaanse grens geleë. Die meerderheid van die bevolking bestaan uit Sahrawis.
Dit is deel van wat die Polisario Front die bevryde gebied noem en Marokko die buffersone noem. In 2010 is die bevolking van Tifariti geskat op ongeveer 3 000 mense.Die regeringskwartier van Tifariti huisves die parlement van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, 'n hospitaal, 'n skool, 'n moskee en 'n museum. Dit is die hoofkwartier van die 2de militêre streek van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.