Timbavati-wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Naaste dorp | Hoedspruit |
Ligging in Mpumalanga
|
|
Koördinate: 24°20′07″S 31°20′38″O / 24.33528°S 31.34389°O | |
Oppervlak | 53 392 hektaar |
Openingsjaar | 1956 |
Die Timbavati-wildreservaat is aan die grens tussen Hoedspruit (in Limpopo) en Acornhoek (in Mpumalanga), noord van die Sabi Sand-wildreservaat, aan die westekant van die Krugerwildtuin geleë. Geografies en polities is Timbavati in Mpumalanga geleë. In Tsonga, beteken die naam Timbavati "die plek waar iets heiligs uit die hemel na die aarde afgekom" het, en verwys na die skaars wit leeus van Timbavati.