Tokyo Sexwale | |
Tokyo Sexwale tydens die Wêreld Ekonomiese Forum | |
Minister vir Menslike Nedersettings
| |
Ampstermyn 10 Mei 2009 – 9 Julie 2013 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
Voorafgegaan deur | Lindiwe Sisulu |
Opgevolg deur | Connie September |
1ste Premier van Gauteng
| |
Ampstermyn 7 Mei 1994 – 19 Januarie 1998 | |
Opgevolg deur | Mathole Motshekga |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 5 Maart 1953 Transvaal |
Politieke party | African National Congress |
Mosima Gabriel Sexwale (5 Maart 1953), beter bekend as Tokyo Sexwale, is 'n sakeman, 'n voormalige Suid-Afrikaanse minister vir menslike nedersettings en voormalige anti-apartheid-aktivis en politieke gevangene. Hy is ’n charismatiese leier en was ’n gevangene op Robbeneiland saam met mense soos Nelson Mandela vir sy anti-apartheid-bedrywighede. Ná die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994 word Sexwale die eerste premier van die Gauteng-provinsie. Hy tree in 1998 uit die politiek en het ’n gerekende sakeleier geword. In 2009 word hy aangestel as minister vir menslike nedersettings vir 'n vierjaartermyn. Hy is getroud met Judy Moon en het twee kinders, Gabrielle en Chris.