Die term township (of die verouderde lokasie) verwys gewoonlik na ’n onderontwikkelde, gesegregeerde woonbuurt in Suid-Afrika waar gekleurdes van die 19de eeu af woon. Met gekleurdes word bedoel swart mense, bruin mense en Indiërs. Townships is tradisioneel aan die rand van ’n stad of dorp gebou.[1][2]
Die woord "township" het nie vandag ’n rassekonnotasie nie, maar die woord "lokasie" wel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal noem dit "rassisties, verouderd"[3] en die HAT meen dis "tans te vermy".[4]