Transnet SOC Ltd. | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1 April 1990 |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | P Molefe (Raadsvoorsitter) [1] Michelle Philips (HUB)[2] |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Spoorvervoer, hawebestuur, logistiek, pyplynbestuur |
Produkte | Vraglogistiek |
Inkomste | ~R38 miljard (2010) |
Werknemers | 49 078 |
Webwerf | transnet.net |
Transnet is 'n groot staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat vir spoorvervoer, hawens en pyplyne verantwoordelik is. Hulle hoofkantoor is in die Carlton-sentrum in Johannesburg gesetel.[3] Transnet is op 1 April 1990 as 'n beperkte maatskappy gestig. Die meerderheid van die maatskappy se aandele word deur die Departement van Openbare Ondernemings besit. Die maatskappy is gestig nadat sake-eenhede en bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H), asook ander bedrywighede en produkte geherstruktureer is.