Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Tuin van Eden

Die tuin van Eden, soos uitgebeeld op die eerste of linkerkantse paneel van Jheronimus Bosch se triptiek Die Tuin van Aardse Genot. Die paneel sluit baie denkbeeldige en eksotiese Afrikadiere in.[1]

The tuin van Eden (Hebreeus: גַּן־עֵדֶן, gan-ʿḖḏen), ook die Paradys genoem, is die Bybelse "tuin van God" wat in Genesis en Esegiël beskryf word.[2][3] Genesis 13:10 verwys na die "tuin van God",[4] en die "bome van die godetuin Eden" word in Esegiël 31 genoem.[5][5] Ook Sagaria en die Psalms verwys na bome en water, sonder om Eden spesifiek te noem.[6]

Die naam kom van die Akkadiese edinnu, van ’n Sumeriese woord edin, wat beteken "vlakte" of "steppe"; dit is naby verwant aan ’n Aramese stam wat "vrugbaar, met baie water" beteken.[3] Nog ’n verklaring verbind die naam met ’n Hebreeuse woord vir "genot"; daarvolgens sou Genesis 2:8 se "tuin in Eden" vertaal kon word as "tuin van genot". Die Hebreeuse woord word as "genot" vertaal in Sara se gedagtes in Genesis 18:12.

Nes die verhaal van die Sondvloed, die Skepping en die toring van Babel in Genesis, het die verhaal van Eden elemente van die antieke Mesopotamiese mite van ’n koning, as die eerste man, wat in ’n goddelike tuin geplaas word om die boom van die lewe te bewaak.[7] Die Hebreeuse Bybel vertel van Adam en Eva wat nakend in die tuin van Eden rondloop vanweë hulle onskuld.[8]

Die ligging van Eden word in Genesis beskryf as die oorsprong van ’n rivier wat vier riviere geword het. Die meeste geleerdes beskou die tuin as mitologies.[9][10][11][12] Onder dié wat meen dit het werklik bestaan, is daar verskeie voorstelle oor sy ligging:[13] aan die Persiese Golf, in Suid-Mesopotamië (nou Irak), waar die Tigris- en Eufraatrivier in die see loop;[14] en in Armenië.[15][16][17]

  1. Gibson, Walter S. Hieronymus Bosch. New York: Hudson, 1973. bl. 26. ISBN 0-500-20134-X
  2. Metzger, Bruce Manning; Coogan, Michael D (2004). The Oxford Guide To People And Places Of The Bible. Oxford University Press. p. 62. ISBN 978-0-19-517610-0. Besoek op 22 Desember 2012.
  3. 3,0 3,1 Cohen 2011, pp. 228–229
  4. "oremus Bible Browser : Genesis 13". bible.oremus.org. Besoek op 31 Oktober 2018.
  5. 5,0 5,1 "oremus Bible Browser : Ezekiel 31". bible.oremus.org. Besoek op 31 Oktober 2018.
  6. Tigchelaar 1999, p. 37
  7. Davidson 1973, p. 33.
  8. Donald Miller (2007) Miller 3-in-1: Blue Like Jazz, Through Painted Deserts, Searching for God, Thomas Nelson Inc, ISBN 978-1418551179, p. PT207
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc1
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc2
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc5
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc4
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named wilensky2012
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc7
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc8
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc10
  17. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named loc11

Previous Page Next Page