Tweede heilige oorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ligging van die antieke landstreek Phokis, wat Delphi ingesluit het | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Athene, Phokis |
Sparta, Delphi | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Perikles |
Die Tweede heilige oorlog het plaasgevind tussen 449 v.C. en 448 v.C. en het 'n onregstreekse konfrontasie tussen Athene en Sparta ten gevolg gehad, tydens die sogenaamde Eerste Peloponnesiese oorlog.
Die oorlog het uitgebreek toe Sparta vir Delphi afgestig en onafhanklik van Phokis verklaar het, deur dit aan die Delphiërs terug te besorg.[1] Die Atheners was egter kampvegters vir die Phokiërs. Gevolglik het Perikles in 448 v.C. met 'n Atheense weermag teen Delphi opgeruk, met die oogmerk om Phokis se voormalige alleenregte op die orakel van Delphi te herstel.[2] Onmiddellik nadat die Spartane verdaag het, het die Atheners Delphi herower en dit aan die Phokiërs terugbesorg.
Volgens M. Dillon, was die militêre aksies van Sparta sowel as Athene vinnig en effektief, en bestaan daar geen getuienis dat hulle die pelgrims in hul raadpleging van die orakel geaffekteer het nie.[1]
In teenstelling met die Derde heilige oorlog, was hierdie oorlog kort en nie so bitter bestrede nie.[1]