Umbundu Úmbúndú | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Umbundu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Angola (nasionale taal)[2][3] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | umb
| |
ISO 639-3: | umb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Umbundu, ook Suid-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Kimbundu of Noord-Mbundu). Dit is die mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 6 miljoen moedertaalsprekers (23% van die bevolking[4]) en word hoofsaaklik deur die Ovimbundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.
Umbundu word veral in die sentrale weste van Angola suid van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Huambo, Bié en Benguela versprei. Umbundu is met Kimbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.