Universiteit van Amsterdam | |
---|---|
Geboue van die Universiteit van Amsterdam. | |
Latyn: Universitas Amstelodami | |
Gestig: | 1632 |
Tipe: | Openbare universiteit |
President: | Vakante |
Rektor: | Prof dr Dymph van den Boom |
Personeel: | 2 360[1] |
Studentetal: | 29 783[1] |
Ligging: | Amsterdam, Noord-Holland, Nederland
52°22′6″N 4°53′25″O / 52.36833°N 4.89028°O |
Kampus: | stedelik |
Kleure: | Rooi en swart |
Affiliasies: | LERU, UNICA, EUA, Universitas 21 |
Webtuiste: | uva.nl |
Die Universiteit van Amsterdam (UvA) is een van die twee universiteite wat in Amsterdam, die hoofstad van Nederland, gesetel is. Die ander een is die Vrije Universiteit Amsterdam (VU).
Met 'n begroting van amper €600 million,[2] meer as 30 000 studente en omtrent 5 000 staflede, is die UvA een van die hoof universiteite in Europa. Die universiteit het 'n sterk internasionalisasie program en bied meer as 85 meestersprogramme in Engels aan, asook 'n aantal Nederlandse en Engelse kursusse.