Peenemünde-Museum se replika van 'n V-2 | |
Tipe | onbemande geleide ballistiese vuurpyl |
---|---|
Oorsprong | Nazi-Duitsland |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1944–1952 |
Gebruik deur | Tweede Wêreldoorlog
Naoorlogs: |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Heeresversuchsanstalt Peenemünde |
Vervaardiger | Mittelwerk GmbH |
Koste per eenheid | 100 000 RM in Januarie 1944, 50 000 RM in Maart 1945[1] |
Vervaardig | 16 Maart 1942–1945 (Nazi-Duitsland) sommige naoorlogse gebruikers |
Spesifikasie | |
Massa | 12 500 kg |
Lengte | 14 m |
Diameter | 1,65 m |
Vulsel | 1 000 kg; Amatol (plofbare gewig: 910 kg) |
Ontstekings- meganisme |
Impak |
Operasionele bereik |
320 km |
Dryfmiddel | 3 810 kg 75% etanol 25% water 4 910 kg vloeibare suurstof |
Vlerkwydte | 3,56 m |
Vlieghoogte | 88 km maksimum hoogte op langafstandbaan 206 km maksimum hoogte wanneer vertikaal afgevuur |
Snelheid | Maksimaal: 5 760 km/h By impak: 2 880 km/h |
Leistelsel | Gyroskope om rigting te bepaal Müller-tipe hangende gyroskopiese versnelling vir die afsny van enjins op die meeste gebruikte vuurpyle[2][3] |
Lanseerplatform | Mobiele (Meillerwagen) |
Die V-2 was die eerste onbemande geleide ballistiese vuurpyl. Die A-4 (Aggregat 4), later hernoem na V2, was die opvolger van die V-1. Die hoofmotor van die vuurpyl het metanol en vloeibare suurstof as brandstof gebruik. Die brandstofpompe is aangedryf met waterstofperoksied en natriumpermanganaat.
'n V-2 kon 'n maksimum hoogte van 83 tot 93 km bereik en het 'n reikafstand van tussen 321 en 362 km gehad. Die plofkop het bestaan uit Amatol Fp60/40, het ongeveer 738 kg geweeg en kon 'n hele blok huise in een slag vernietig. Net voor dit opgestyg het, het die V-2 sowat 4 040 kg geweeg. Die vuurpyl het een swaarteversnelling met opstyging bereik wat mettertyd toegeneem het tot met 8 swaarteversnellings net voor die motor afgeskakel is. Die vuurpyl het 'n valsnelheid van 3 600 km/h bereik en het sy teiken getref teen drie keer die spoed van klank.
Die vuurpyl is vir die eerste keer in operasionele gebruik geneem op 8 September 1944; met Parys en Londen as teikens. Die V2-offensief het geduur vanaf September 1944 tot en met Maart van 1945. In hierdie periode is meer as 3 000 vuurpyle afgevuur. Die gebied rondom Londen is deur meer as 500 V2's getref en 'n paar honderd het verder weg neergekom. Londen en Antwerpen was eers belangrike teikens maar daar is ook vele V2's op Ipswich en Norwich asook op die Geallieerde besette dele van België, Frankryk, Nederland en op die ou einde selfs op besette dele van Duitsland.