Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Verkiesing

In meeste lande waar verkiesings gehou word, word daar met 'n stempotlood op 'n stembrief gestem.

'n Verkiesing is 'n metode waar 'n aantal persone, die stemgeregtiges, deur middel van 'n stemming bepaal aan wie 'n bepaalde funksie, pos of titel toegeken moet word.

Verkiesings word ook soms gebruik om uit te klaar wie of wat "die beste" is. As voorbeeld, tydens kompetisies van die Mejuffrou Suid-Afrika of Eurovision-sangfees.

In demokratiese lande word algemene verkiesings elke paar jaar uitgeroep om verteenwoordigers (van die volk) wat die wetgewende organe uitmaak te verkies. Die stemproses verskil drasties van land tot land. In sommige lande word nasionale amptenare apart verkies (soos 'n president), in ander word hulle aangestel. Demokratiese lande kan ook ander tipes verkiesings, soos munisipale en provinsiale verkiesings, uitroep.

Lande wat nie demokraties is nie hou ook soms verkiesings. Dit word gewoonlik gedoen sodat mense 'n plaaslike verteenwoordiger (soos 'n burgemeester) kan kies. Baie lande is ook skynbaar demokraties, maar agter die skerms word 'n outokratiese vorm van regering in stand gehou.


Previous Page Next Page






انتخابات Arabic Eleiciones AST Seçki AZ Pemilu BAN Pirilian BCL Выбары BE Выбары BE-X-OLD Избори Bulgarian चुनाव BH নির্বাচন Bengali/Bangla

Responsive image

Responsive image