Verskeie stand- en borsbeelde is van eerste minister Hendrik Verwoerd in Suid-Afrika opgerig. Die meeste hiervan is sedert die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 afgebreek of verwyder. Verskeie hiervan is na Orania verskuif.
Verwoerd is waarskynlik die Suid-Afrikaanse eerste minister van wie die meeste afbeeldings gemaak is. Moontlike redes hiervoor is dat hy óf baie geliefd was óf dat dit ekonomies goed gegaan het in Suid-Afrika tydens sy premierskap en daar geld vir die maak van hierdie beelde was.[1]