Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vuurstorm

Die Tillamook-brande in Augustus 1933 in Oregon.
Vuurstorm: 1. brand, 2. stygstroom, 3. sterk rukwinde, A. vuurwolk.

’n Vuurstorm is ’n verwoestende brand wat so ’n hoë intensiteit bereik dat dit sy eie windstelsel opbou. Dit kom meestal in natuurlike brande voor. Hoewel die term soms gebruik word om sekere groot brande te beskryf, is die verskynsel se bepalende eienskap dat dit sy eie stormsterk winde uit alle rigtings het.[1][2]

Die Swart Saterdag-brande in die Australiese deelstaat Victoria in Februarie 2009 en die Groot Peshtigo-brand in Peshtigo, in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin in Oktober 1871 is voorbeelde van brande met die een of ander vorm van ontbranding weens ’n vuurstorm.

Vuurstorms kan ook in stede voorkom, byvoorbeeld ná ’n groot bomaanval. Voorbeelde uit die Tweede Wêreldoorlog is Hamburg, Darmstadt, Dresden en Stalingrad, asook Hirosjima ná die atoombom.

  1. Alexander Mckee's Dresden 1945: The Devil's Tinderbox
  2. "Problems Of Fire In Nuclear Warfare (1961) A fire storm is characterized by strong to gale force winds blowing toward the fire everywhere around the fire perimeter and results from the rising column of hot gases over an intense, mass fire drawing in the cool air from the periphery. These winds blow the fire brands into the burning area and tend to cool the unignited fuel outside so that ignition by radiated heat is more difficult, thus limiting fire spread." (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Februarie 2013. Besoek op 15 Maart 2015.

Previous Page Next Page