Waatlemoen | |
---|---|
'n Gekweekte waatlemoen | |
Deursnit van 'n waatlemoen | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | |
Binomiale naam | |
Citrullus lanatus | |
Waatlemoenproduksie in 2005 |
Die waatlemoen (Citrullus lanatus) is 'n vrug met 'n vogtige, soet vlees en die vrug met die hoogste hoeveelheid likopeen. Die vrugvlees is meestal rooi, maar kan ook wit, rooskleurig, geel of oranje van kleur wees.
Die swart pitte van die waatlemoen kom nie voor in 'n enkele holte soos byvoorbeeld spanspek nie, maar lê ingebed in die vrugvlees. Daar kom ook pitlose spesies voor.
Die vrug word meestal geëet deur eers die waatlemoen in stukke te sny en dan die vlees in nog kleiner blokkies. Hierna kan dit met 'n vurk, lepel of met die hand geëet word.
'n Waatlemoen is ryk aan water, en deur dit te eet kan mens se dors geles word.
Asiate rooster en sout die waatlemoenpitte, terwyl mens ook gesuurde waatlemoenskille kan eet.
Die waatlemoen is waarskynlik afkomstig vanuit die tropiese gebiede in Afrika. Die waatlemoen was reeds in China bekend vóór die christelike kalender, sommige beweer 1000 jaar, andere selfs 4000 jaar vóór Christus.
Die benaming waatlemoen is vervorm uit waterlemoen, uit die ouer watermeloen, en staan reeds in Jan van Riebeeck se Daghregister op 20 Desember 1652 aangeteken: Heden vernamen de cadjangh op den 17en passato gesaijt, fraij voor den dach comen; insgelijx de waterlemoenen.[1]