Wallies Cymraeg, y Gymraeg | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kəmˈrɑːɨɡ], [ə ɡəmˈrɑːɨɡ] | |
Gepraat in: | Wallis Engeland Argentinië (Chubut) Kanada Verenigde State Nieu-Seeland Australië | |
Gebied: | Wes-Europa | |
Totale sprekers: | 750 000+: — Wallis: 611 000[1] — Engeland: 133 000[2] — Argentinië: 25 000[3] — Kanada: 3 160[4] — Verenigde State: 2 655[5] — Nieu-Seeland: 1 155[6] — Australië: 1 060[7] | |
Rang: | 266 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Eiland-kelties Britonies Wallies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Walliese variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Wallis | |
Gereguleer deur: | Comisiynydd y Gymraeg ("Walliese Taalkommissaris") en Llywodraeth Cymru ("Regering van Wallis") | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | cy
| |
ISO 639-2: | wel (B)
| |
ISO 639-3: | cym
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wallies (Wallies: Cymraeg, [kəmˈrɑːɨɡ], Britoniese tak van die Keltiese tale. Wallies word deur moedertaalsprekers in die westelike deel van Groot-Brittanje in Wallis (Wallies: Cymru), 'n minderheid op die Walliese grens en deur die Walliese immigrante gemeenskap (Y Wladfa) in die Chubut-provinsie in Patagonië in Argentinië, gepraat. Daar is ook sprekers in die res van die wêreld, vernaamlik in Engeland, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Wallies is nouverwant aan Kornies en Bretons en meer verlangs aan Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies.[8]
of y Gymraeg, [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]) behoort tot dieAan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%.[8] Die mees onlangse sensussyfers (2001)[1] deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991. Letterkundige tekste in Wallies bestaan sedert 1100. Tans is daar 'n bloeiende literatuur in Wallies.