Nederland het 'n lang geskiedenis van oorstromings, wat watersnoodrampe genoem word. Keer op keer het duisende mense gesterf en dorpe en stede het verdwyn. Land het see geword en het later weer verslik of is ingepolder.
Ondergenoemde jare is bekend vir 'n watersnood wat plaasgevind het:[1]
838 • 1014 • 1042 • 1134 • 1163 • 1164 • 1170 • 1196 • 1212 • 1214 • 1219 • 1220 • 1221 • 1248/1249 • 1277 • 1280 • 1282 • 1287 • 1288 (I) • 1288 (II) • 1322 • 1334 • 1362 • 1374 • 1375 • 1377 • 1404 • 1421 • 1424 • 1468 • 1477 • 1509 • 1514 • 1530 • 1532 • 1552 • 1566 • 1570 • 1610 • 1643 • 1651 • 1675 • 1682 • 1686 • 1703 • 1717 • 1809 • 1820 • 1825 • 1855 • 1861 (I) • 1861 (II) • 1877 • 1906 • 1916 • 1926 • 1953 • 1962 • 1993 • 1995 • 2006. |
Dié gebeurtenisse het hulle stempel op die geskiedenis van die land afgedruk en ook die kultuur en die politieke strukture beïnvloed. Nederland het byvoorbeeld nie net 'n departement van verdediging teen vyandelike aanvalle nie, maar ook 'n organisasie wat Rijkswaterstaat genoem word en verantwoordelik is vir die bevolking se beveiliging teen oorstromings.
Die oorstromingsgevaar kan van twee kante af kom:
Tradisioneel is die rampe genoem na die naamdae van heiliges van die Katolieke Kerk, maar sedert 1953 is dit nie meer gebruiklik nie.