Weskus- Nasionale Park | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Langebaan |
Koördinate: 33°7′34″S 18°2′41″O / 33.12611°S 18.04472°O | |
Oppervlak | 36 300 ha |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | www.sanparks |
Die Weskus- Nasionale Park lê ongeveer 120 km noord van Kaapstad in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die park is 36 300 hektaar (136 vierkante myl) groot. Dit word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste en die R27-kuspad en strek vanaf die dorpie Yzerfontein in die suide tot by Langebaan se lagune (strandmeer).
Die park is veral gewild vir sy voëllewe en lenteblomme vanaf Augustus tot Oktober, veral die Postberg-kamp in die park. Die park, met die eilande in Saldanhabaai, is deur BirdLife International as 'n belangrike voëlgebied geïdentifiseer.[1]
Die bestuurder is me. Patricia Bopape.
{{cite web}}
: CS1 maint: numeric names: authors list (link)