Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Whaktoe

Die vyf whaktoes: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Whaktoe (Arabies: وَقْت, waqt) is ’n Islamitiese term wat verwys na die tyd wanneer Moslems moet bid (salaah maak). Dit word hoofsaaklik vir die vyf daaglikse gebede en die Vrydaggebed gebruik. Volgens die Islamitiese geloof het Allah vir Mohammed die whaktoes geleer.

Die tye vir gebede is standaard vir alle Moslems oor die wêreld heen, veral vir die verpligte (fard) gebede; dit hang af van die posisie van die son. Daar is verskeie opinies oor die presiese tye omdat Islamitiese skole oor klein besonderhede verskil. Alle skole stem egter saam dat ’n spesifieke salaah nie voor die aangewese tyd gemaak kan word nie.


Previous Page Next Page