Barry Hertzog | |
Ampstermyn 30 Junie 1924 – 5 September 1939 | |
Monarg | George V Edward VIII George VI |
---|---|
Goewerneur-generaal | Alexander Cambridge Graaf van Clarendon Patrick Duncan |
Voorafgegaan deur | Jan Christian Smuts |
Opgevolg deur | Jan Christian Smuts |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 6 Junie 1927 – 5 September 1939 | |
Opgevolg deur | Jan Smuts |
Minister van Justisie
| |
Ampstermyn 31 Mei 1910 – 19 Desember 1912 | |
Eerste minister | Louis Botha |
Opgevolg deur | J.W. Sauer |
Minister van Naturellesake
| |
Ampstermyn 25 Junie 1912 – 19 Desember 1912 | |
Eerste minister | Louis Botha |
Voorafgegaan deur | H. Burton |
Opgevolg deur | J.W. Sauer |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | James Barry Munnik Hertzog 3 April 1866 Wellington, Kaapkolonie |
Sterf | 21 November 1942 (op 76) Pretoria, Transvaal, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party Verenigde Party |
Eggenoot/-note | Wilhelmina Neethling |
Kind(ers) | 3 |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
James Barry Munnik Hertzog, (3 April 1866, Wellington – 21 November 1942, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse staatsman en generaal.[1] Hy was ook bekend as J.B.M. Hertzog en generaal Hertzog. Hy is die Suid-Afrikaanse regeringshoof wat die langste gedien het, van 1924 tot 1939.[2][3] Hertzog het 'n belangrike rol in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner gespeel en het hom beywer vir die opbou van die Afrikaner na oorlog en armoede.[2] Sy slagspreuk was "Suid Afrika Eerste" en hy was die grootste inspirasie vir die Voortrekkerbeweging.[2]