Botswana Democratic Party | |
BDC | |
Vlag van die BDC
| |
Leier | Slumber Tsogwane |
---|---|
Gestig | 1961 |
Hoofkwartier | Gaborone |
Ideologie | Konserwatisme, Christelike demokrasie |
Internasionale affiliasie | Sosialistiese Internasionaal (raadplegende lid)[1] |
Amptelike kleure | wit, rooi, swart |
Webblad | bdp.org.bw |
Die Botswana Democratic Party (BDC; Tswana: Phathi ya Tomokoraga) is 'n politieke party wat Botswana van onafhanklikheidwording in 1966 tot 2024 regeer het. Dié party is in 1961 deur Seretse Khama en Quett Masire gestig.
Die Botswana Democratic Party word tans deur Slumber Tsogwane gelei. Die BDC is 'n raadplegende lid van die Sosialistiese Internasionaal. Tradisionele Tswana-gemeenskappe vorm die party se basis, waarvolgens die BDP 'n konserwatiewe beweging gebly het.