Kenteken van die Engelse nasionale krieketspan | |||||||||||||||||
Konferensie | Engelse en Walliese Krieketraad | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Personeel | |||||||||||||||||
Toetskaptein | Ben Stokes | ||||||||||||||||
EDI-kaptein | Jos Buttler | ||||||||||||||||
T20I-kaptein | Jos Buttler | ||||||||||||||||
Afrigter | Brendon McCullum (toets), Matthew Mott (EDI & T20I) | ||||||||||||||||
Geskiedenis | |||||||||||||||||
Toetsstatus verkry | 1877 | ||||||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||||||
IKR-status | Volle lid (1909) | ||||||||||||||||
IKR-streek | EKR (Europa) | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Toetse | |||||||||||||||||
Eerste toets | t Australië op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 15–19 Maart 1877 | ||||||||||||||||
Laaste toets | t Indië op HPCA-stadion, Dharamshala; 7–9 Maart 2024 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Wêreldtoets- kampioenskappe | 2/2 (eerste in 2019–2021) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | 4de plek (in 2019–2021, 2021–2023) | ||||||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||||||
Eerste EDI | t Australië op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 5 Januarie 1971 | ||||||||||||||||
Laaste EDI | t Wes-Indië op Kensington-ovaal, Bridgetown; 9 Desember 2023 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 13/13 (eerste in 1975) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2019) | ||||||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 8/8 (eerste in 1998) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2004 en 2013) | ||||||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||||||
Eerste T20I | t Australië op Rose Bowl, Southampton; 13 Junie 2005 | ||||||||||||||||
Laaste T20I | t Indië op Providencestadion, Georgetown; 27 Junie 2024 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 9/9 (eerste in 2007) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2010 en 2022) | ||||||||||||||||
|
Die Engelse nasionale krieketspan (Engels: England cricket team) is die nasionale krieketspan wat Engeland en Wallis in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Sedert 1 Januarie 1997 word dit beheer deur die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB, van Engels: England and Wales Cricket Board) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status; voorheen (1903–1996) is dit deur die Marylebone-krieketklub (MCC, kort vir Marylebone Cricket Club) bestuur.[8][9] Tot in die vroeë 1990’s het die span ook beide Ierland en Skotland in internasionale krieket verteenwoordig, maar albei lande word sedert hul wegbreek deur hul eie nasionale krieketspanne – Ierland en Skotland – verteenwoordig.[10][11] Voorheen was die Engelse nasionale krieketspan as ’t ware ’n span wat die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland verteenwoordig het.
Engeland en Australië was die eerste spanne om in ’n toets te speel, op 15–19 Maart 1877. Dié twee lande het saam met Suid-Afrika die Imperiale Krieketkonferensie (die voorganger van die Internasionale Krieketraad) op 15 Junie 1909 gestig. Engeland en Australië het ook op 5 Januarie 1971 die wêreld se eerste Internasionale eendagwedstryd (EDI) gespeel. Engeland het hul eerste internasionale Twintig20-wedstryd op 13 Junie 2005 teen Australië gespeel. Hulle het die IKR se T20I-wêreldbeker in 2010 en 2022 gewen en in 2016 as naaswenner geëindig. Hulle het ook twee keer as naaswenner van die IKR se Kampioenetrofee geëindig (in 2004 en 2013). Engeland het 192 T20Is gespeel, waarvan hulle 100 gewen het.[12]
Engeland het 1 071 toetswedstryde gespeel, 392 gewen en 324 verloor (met 355 onbesliste toetswedstryde).[13] In hul toetswedstryde teen Australië ding Engeland mee om die As, een van die vernaamste trofeë in internasionale sport, en hulle het die urn tot dusver 32 keer ingepalm. Engeland het 797 EDI-wedstryde gespeel, waarvan hulle 400 gewen het.[14] Hulle het ook vier keer in die eindstryd van krieketwêreldbekertoernooie verskyn, waarvan hulle die 2019-eindstryd naelskraap teen Nieu-Seeland volgens aangetekende grenshoue tuis gewen het, nadat beide die wedstryd en die daaropvolgende Superboulbeurt in ’n gelykop geëindig het.[15][16][17][18] Engeland het ná Australië in 2015 en Indië in 2011 die derde – agtereenvolgende – gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 en rugby in 2003 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het.
Engeland is tans (Junie 2024) derde op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys en derde op die Twintig20-wêreldranglys.[19][20][21] 28 voormalige Engelse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.