Die chemiese element plutonium (Pu), met ’n atoommassa van ongeveer 239 u, het geen stabiele isotope nie en word dus as ’n radioaktiewe element geklassifiseer. Altesaam 21 isotope van plutonium is bekend. 244Pu is met ’n halfleeftyd van sowat 80 miljoen jaar die stabielste. Die belangrikste isotope van plutonium is:
Alle ander isotope het ’n halfleeftyd van minder as 7 000 jaar.
Die splytbare isotope word gebruik as brandstof in ’n kernreaktor. 240Pu kan neutrone absorbeer en is daarna splytbaar. By die verval van 238Pu word vervalhitte vrygestel. Hiermee kan termo-elektriese kragopwekkers elektriese energie lewer. Onder meer Voyager 1, Voyager 2 en Cassini-Huygens gebruik hierdie energiebron.[1]