Percy Fitzpatrick | |
---|---|
Percy Fitzpatrick | |
Gebore | James Percy FitzPatrick 24 Julie 1862 |
Sterf | 24 Januarie 1931 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, politikus, boer |
Bekend vir | Jock van die bosveld |
Sir Percy Fitzpatrick (1862 - 1931) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, mynbou-finansier en pionier in die vrugtebedryf. Hy was die outeur van die klassieke kinderboek, Jock of the Bushveld (1907) wat onder andere na Afrikaans vertaal is.[1] As politikus het hy Britse Imperiale belange voor en tydens die Anglo-Boereoorlog verdedig.