Robert Goddard | |
---|---|
Robert Goddard | |
Gebore | Robert Hutchings Goddard 5 Oktober 1882 Worcester, Massachusetts, Verenigde State |
Sterf | 10 Augustus 1945 Baltimore, Maryland, Verenigde State |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Vuurpyl ontwerper |
Eggenoot | Esther Christine Kisk |
Robert Hutchings Goddard (Worcester, Massachusetts, 5 Oktober 1882 - Baltimore, Maryland, 10 Augustus 1945) was 'n Amerikaanse navorser en uitvinder. Hy was 'n pionier op die gebied van moderne vuurpyltegnologie en word beskou as een van die belangrikste grondleggers van die ruimtevaart. Hy word gekrediteer met die skep en bou van die wêreld se eerste vloeibare brandstof vuurpyl. [1]
Goddard is gebore in Worcester (volgens sommige bronne Roxbury), Massachusetts, Verenigde State. Sy pa was 'n reisende verkoopsman en uitvinder. Deur boeke soos Jules Verne se Journey to the Moon en H.G. Wells se War of the Worlds het hy het op 'n jong ouderdom in die ruimte- en ruimtereise begin belanggestel. Sy verbeelding en vindingrykheid is aangevuur deur sy vader, wat hom 'n teleskoop, mikroskoop en 'n intekening op Scientific American gegee het.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)