Suid-Afrikaanse Rugbyunie | |
---|---|
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie
| |
Engelse naam | South African Rugby Union |
Afkorting | SARU |
Land | Suid-Afrika |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Gestig op | 23 Mei 1992 |
Gestig in | Kaapstad, Suid-Afrika |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1992 |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Afrika |
President | Mark Alexander |
Hoof- uitvoerende beampte | Rian Oberholzer (waarnemend) |
Setel | Kaapstad, Suid-Afrika |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | sarugby.co.za |
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (afgekort “SARU”), oftewel SA Rugby, is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Suid-Afrika beheer en reël. Die beheerliggaam is in 1992 gestig en in Kaapstad gesetel. Sedertdien verteenwoordig dit Suid-Afrika by Wêreldrugby en ook by Rugby Afrika (“RA”).