ABBA

ABBA
ABBA in 1974, v.l.n.r.: Benny Andersson, Frida Lyngstad, Agnetha Fältskog en Björn Ulvaeus
Agtergrondinligting
Ook bekend asAgnetha
Benny
Björn
Anni-Frid
OorsprongStockholm (Swede)
GenresPop, Euro disco, Europop, Pop Rock
Jare aktief1972–1982
EtikettePolar, Polydor, Atlantic, Universal, Epic, Vogue, RCA, PolyGram, Sunshine (Zimbabwe-Rhodesië), Ariston/Dig It (Italië)
AssosiasiesHep Stars, Hootenanny Singers, Benny Anderssons Orkester
Webwerfabbasite.com
LedeAgnetha Fältskog
Björn Ulvaeus
Benny Andersson
Anni-Frid "Frida" Lyngstad
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "huidige_lede" (this message is shown only in preview).

ABBA (1972–1983) was 'n Sweedse popmusiekgroep. Hulle bly tot vandag toe die suksesvolste Sweedse musiekgroep en was een van die gewildste sanggroepe in die wêreld. Die groep het die topposisies op musieklyste wêreldwyd gedurende die middel-tot-laat 1970's en vroeë 1980's gedomineer, en het treffer-enkelsnitte en -albums verkoop. ABBA se verkope word wêreldwyd op 100 tot 500 miljoen kopieë geraam (daar blyk geen betroubare bron vir hierdie inligting te wees nie), wat hulle die tweede suksesvolste musiekgroep van alle tye, na die Beatles, sou maak. Hulle was die eerste musiekgroep van die Europese vasteland wat gereelde plekke op die Britse, Amerikaanse en Australiese musieklyste beklee het, en hulle sukses het ook deure vir ander Europese musiekgroepe oopgemaak. Hulle blywende nalatenskap is die bevordering van die Sweedse musiekbedryf tot 'n hoofstroomkompeteerder.

"ABBA" is 'n akroniem gevorm uit die eerste letter van elk van die groeplede se naam. Dit word gewoonlik geskryf as "ABBA" maar word ook soms geskryf as 'n woord, Abba. Die eerste 'B' in die embleemweergawe van die naam is sedert 1976 omgekeer (ᗅᗺᗷᗅ) op die groep se reklamemateriaal en is 'n geregistreerde handelsmerk.


ABBA

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne