Egipte

Arabiese Republiek Egipte
جمهورية مصر العربية (Arabies)
Gomhoreyyet Maṣr el-ʿArabeyya (Egiptiese Arabies)
Vlag van Egipte Wapen van Egipte
Vlag Wapen
Volkslied: Bilady, Bilady, Bilady
(Arabies vir: "My land, my land, my land")
Ligging van Egipte
Hoofstad Kaïro

30°2′N 31°13′O / 30.033°N 31.217°O / 30.033; 31.217

Grootste stad Kaïro
Amptelike tale Arabies
Regering Unitêre semi-presidensiële
republiek
Abdel Fattah el-Sisi
Moustafa Madbouly
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie van Bo-
en Benede-Egipte
• Muhammad Ali
dinastie ingehuldig
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
• Rewolusiedag
• Republiek verklaar
• Huidige grondwet



ca. 3150 v.C.[1][2]

9 Julie 1805[3]

28 Februarie 1922
23 Julie 1952
18 Junie 1953
18 Januarie 2014
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 010 407,87[4] km2  (29ste)
390 121 myl2
0,632
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
97 185 500[5] (13de)
94 798 827[6]
96 / km2 (118de)
248,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1 293 miljard[7] (21ste)
$13 330[7] (100ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$237,073 miljard[7] (49ste)
$2 501[7] (113de)

MOI (2015) 0,691[8] (111de)  –  medium
Gini (2015) 31,8[9] –  medium
Geldeenheid Pond (EGP)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
(UTC)
Internet-TLD .eg, مصر.
Skakelkode +20

Egipte (Arabies: مِصر‎, Miṣr; Egiptiese Arabies: مَصر‎, Maṣr; Kopties: Ⲭⲏⲙⲓ, Khēmi), amptelik die Arabiese Republiek Egipte (Arabies: جمهورية مصر العربية, Jumhūrīyat Miṣr al-ʻArabīyah; Egiptiese Arabies: Gomhoreyyet Maṣr el-ʿArabeyya), is 'n transkontinentale republiek wat hoofsaaklik in Noordoos-Afrika lê, maar ook die Sinaïwoestyn in Suidwes-Asië insluit.

Nasa-Satellietbeeld van Egipte

Egipte bedek 'n area van sowat 1 010 408 km². Die land is aangrensend tot Libië in die weste, Soedan in die suide en Israel in die noordooste en het kuslyne in die noorde by die Middellandse See en die Rooisee in die ooste, onderskeidelik.

Die oorgrootte meerderheid van Egipte se 97,2 miljoen mense (2017) lewe minder as 'n kilometer weg van die oewers van die Nylrivier (omtrent 40 000 km²), waar die enigste bewerkbare land voorkom. Groot dele van die land maak deel uit van die Saharawoestyn en is yl bevolk. Vandag is die meerderheid Egiptenaars verstedelik en is hoofsaaklik woonagtig in die hoofstad Kaïro (bevolking ongeveer 15,2 miljoen) en Alexandrië (bevolking ongeveer 4,5 miljoen).

Egipte spog met een van die oudste beskawings wat terug dateer tot in 3000 v.C. met landbou en handel wat goed gevestig was. Die land is veral bekend vir die massiewe piramides wat opgerig is deur verskeie Farao's.

  1. (en) Goldschmidt, Arthur (1988). Modern Egypt: The Formation of a Nation-State. Boulder, CO: Westview Press. p. 5. ISBN 978-0-86531-182-4. Besoek op 25 Junie 2018.
  2. "Background Note: Egypt" (in Engels). United States Department of State Bureau of Near Eastern Affairs. 10 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 25 Junie 2018.
  3. (en) Pierre Crabitès (1935). Ibrahim of Egypt. Routledge. p. 1. ISBN 978-0-415-81121-7. Besoek op 25 Junie 2018.
  4. "Total area km2, pg.15" (PDF) (in Engels). Capmas.Gov – Arab Republic of Egypt. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Maart 2015. Besoek op 23 September 2015.
  5. "Population Clock" (in Engels). Central Agency for Public Mobilization and Statistics. 27 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 25 Junie 2018.
  6. "Population in Censuses by Sex & Sex Ratio (1882–2006)" (PDF) (in Engels). Egypt State Information Service. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op 25 Junie 2018.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Egypt". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 25 Junie 2018.
  8. "2015 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 25 Junie 2018.
  9. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2019. Besoek op 25 Junie 2018.

Egipte

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne