Islam

Islam

Lande met noemenswaardige Islamitiese bevolkings
Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die ster en sekelmaan, 'n simbool van Islam
Allah in Arabies, 'n simbool van Islam
'n Kalligrafie van die Sjahada in Arabies – in die vorm van 'n moskee
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme, 1865
Die Kaäba in Mekka
Die Moskee van die Profeet Mohammed in Medina
Die Rotskoepel in Jerusalem
Grot van die Patriarge in Hebron

Islam (Arabies: الإسلام, al-ʾIslām, [alʔisˈlaːm], ) is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1.

Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeet Mohammed, wat sy "goddelike openbarings" in die Koran neergeskryf het, en die Soenna, die mondelinge oorlewering. Albei staan onder die invloed van heidens-Arabiese, Joodse, Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings.

Nes Christendom en Judaïsme is Islam 'n Abrahamitiese geloof en dus glo Moslems dat Adam, Noag, Abraham, Moses en Jesus heilige profete van Allah is.[1] Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word. Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie, en Mohammed is sy laaste profeet.[2] Allah beteken letterlik "die God" in Arabies.

Die land met die grootste Moslembevolking is Indonesië.[3] Die grootste Moslembevolkings is meestal in Afrika en Asië geleë. Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word – Soenniete (75–90%) en Sjiiete (10–20%). Met sowat 1,8 miljard volgelinge wat soveel as 24% van die wêreldbevolking bevat, is Islam dus die tweede grootste godsdiens. Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wêreld.[4][5][6]

  1. (en) "People of the Book". Islam: Empire of Faith. Public Broadcasting Service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 18 Desember 2010.
  2. (ar) (en) quran.com: [1]
  3. (en) Islam in Indonesia: Contrasting Images and Interpretations, bl. 68, Kees van Dijk – 2013
  4. (en) PBS – Islam: Empire of Faith – Faith – Islam Today.
  5. (en) Lippman, Thomas W. (7 April 2008). "No God But God". U.S. News & World Report. Besoek op 24 September 2013.
  6. (en) Burke, Daniel (4 April 2015). "The world's fastest-growing religion is ..." CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 18 April 2015.

Islam

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne