Kanada

Kanada
Canada (Engels en Frans)
Vlag van Kanada Wapen van Kanada
Vlag Wapen
Nasionale leuse: A Mari Usque Ad Mare[1]
(Latyn vir: "Van see tot see")
Volkslied: O Canada / Ô Canada[2]

Koninklike volkslied: God Save the King[3]
(Engels vir: "God beskerm die koning")
(Frans: "Que Dieu protège le Roi")
Ligging van Kanada
Hoofstad Ottawa

45°24′N 75°40′W / 45.400°N 75.667°W / 45.400; -75.667

Grootste stad Toronto

43°42′N 79°24′W / 43.700°N 79.400°W / 43.700; -79.400

Amptelike tale Engels en Frans1
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Federale parlementêre
grondwetlike monargie[4]
Charles III
Mary Simon
Justin Trudeau
Onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk
1 Julie 1867
11 Desember 1931
17 April 1982
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 984 670 km2  (2de)
3 855 100 myl2
11,76 (2015)[5]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
38 654 738[6] (37ste)
36 991 981[7]
4,2 / km2 (185ste)
10,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$2 237 miljard[8] (15de)
$57 812[8] (22ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$2 221 miljard[8] (8ste)
$57 406[8] (14de)

MOI (2021) 0,936[9] (15de)  –  baie hoog
Gini (2017) 33,3[10](20ste) –  medium
Geldeenheid Dollar ($) (CAD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-3,5 tot -8)
(UTC-2,5 tot -7)
Internet-TLD .ca
Skakelkode +1
1. Chipewyan, Cree, Gwich’in, Inuinnaqtun, Inuktitut, Inuvialuktun, Slavey (Noord- en Suid-) en Tłįchǫ word sedert 2004 as streekstale erken.

canada (Engels: Canada, ['kænədə], en Frans: Canada, [kana'da], ), histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van sowat 38 miljoen (soos in die eerste kwartaal 2021). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie geregeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is.

Die Château Frontenac in Quebecstad, een van Canadian Pacific se befaamde luukse hotelle wat in die styl van Franse kastele ontwerp is

Kanada se hoofstad is Ottawa – dit is die setel van die land se parlement, asook die tuiste van die goewerneur-generaal en eerste minister. Omdat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Britse Statebond. Engels en Frans is die amptelike tale (sien ook die artikels Kanadese Engels en Kanadese Frans).

Kanada is 'n moderne en tegnologies gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne en handel met die Verenigde State van Amerika. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike nywerhede.

Van vóór die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree.[11] Die nasionale identiteit van Kanada fokus sedert die 19de eeu onder meer op die ideaal van 'n Peaceable Kingdom ("Vreedsame of Vredeliewende Koninkryk") wat Kanadese na bewering in Noord-Amerika geskep het.[12]

  1. (en) "A Mari usque ad Mare". The Canadian Encyclopedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 11 Mei 2018.
  2. (en) ""O Canada"". The Canadian Encyclopedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 11 Mei 2018.
  3. (en) D. Michael Jackson (2013). The Crown and Canadian Federalism. Dundurn. p. 199. ISBN 978-1-4597-0989-8.
  4. (en) Hail, M; Lange, S (25 Februarie 2010). "Federalism and Representation in the Theory of the Founding Fathers: A Comparative Study of US and Canadian Constitutional Thought". Publius: the Journal of Federalism. 40 (3): 366–388. doi:10.1093/publius/pjq001. JSTOR 40865314.
  5. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 13 September 2022.
  6. (en) "Population estimates, quarterly". Statistiek Kanada. 24 Junie 2022. Besoek op 13 September 2022.
  7. (en) "Census Profile, 2021 Census of Population". Statistiek Kanada. 9 Februarie 2022. Besoek op 13 September 2022.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "Canada". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 13 September 2022.
  9. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 13 September 2022.
  10. (en) "Gini index – Canada". Wêreldbank. Besoek op 13 September 2022.
  11. (en) vrede, orde en goeie regering Geargiveer 5 Maart 2001 op Wayback Machine
  12. (en) Scott W. See: The Intellectual Construction of Canada’s “Peaceable Kingdom” Ideal. In: Journal of Canadian Studies | Revue d'études canadiennes, jaargang 52, uitgawe 2, Lente 2028, bl. 510–537

Kanada

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne