Kersfees

Lande en afhanklike gebiede waar Kersfees 'n openbare vakansiedag is, hetsy op 24/25 Desember of 6/7 Januarie. Die kleurskakering dui op die aantal vakansiedae
Donkerbruin – lande wat Kersfees op 25 Desember of 7 Januarie nie as 'n openbare vakansiedag erken nie.
Ligbruin – lande wat Kersfees nie as 'n openbare vakansiedag erken nie, maar sy viering toelaat.
Lande volgens die gewone dag van geskenkopening:

   5 Desember

   24 Desember

   Middernag tussen 24 en 25 Desember

   25 Desember

   6 Januarie

   7 Januarie

   Onwettig

   Geen data nie

Kersfees, vanuit Kerst, 'n Middelnederlandse naam vir ‘Christus’, en dus letterlik Christusfees[1], is 'n tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat plaasvind op die vyf-en-twintigste (en ses-en-twintigste) dag van Desember en vier die geboorte van Jesus. Die presiese datum van die geboorte van Jesus is nogtans 'n onderwerp van baie bespreking (sien die artikel oor Jesus).

Volgens die Christelike evangelies het die maagd Maria geboorte geskenk aan Jesus in Betlehem, waarheen Maria en haar man Josef gereis het om vir die Romeinse sensus te registreer. Sy geboorte het volgens sy volgelinge die profesie van Judaïsme dat 'n messias uit die Huis van Dawid gebore sou word, vervul.

'n Enorme aantal gebruike met sekulêre, godsdienstige of nasionale inslag, word rondom Kersfees aangetref en wissel van land tot land. Die mees algemene tradisionele gebruike en simbole van kersfees soos die kersboom, en die gee van presente, is aangepas of oorgeneem deur Christelike sendelinge vanuit die vroeëre Joelfees, die viering van die wintersonkeerpunt. Joel was wydverspreid en gewild in noordelike Europa lank voor die aankoms van die Christendom.

Aangesien die gebruike van die Kersfees hoofsaaklik in Noordelike Europa ontwikkel het, word baie van die gebruike met die Noordelike Halfrond se winter geassosieer, waarvan die motiewe duidelik is in die versierings, asook in die Kersvader-mite.

Kersfees word ook wêreldwyd as 'n sekulêre vakansiedag gevier, insluitend lande met klein Christenbevolkings soos Japan. Hier is sekere Amerikaanse tradisies oorgeneem soos die stuur van Kersfeeskaartjies en die uitruil van geskenke.[2]

  1. (nl) Kerst (Feest Van Christus' geboorte).
  2. (en) whychristmas.com: Christmas in Japan. Besoek op 25 Oktober 2017

Kersfees

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne