Spanje

Reino de España
Koninkryk Spanje
Vlag van Spanje Wapen van Spanje
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Plus Ultra
(Latyns vir: "Steeds verder")
Volkslied: Marcha Real[1]
(Spaans vir: "Koninklike Mars")
Ligging van Spanje
Hoofstad Madrid

40°26′N 03°42′W / 40.433°N 3.700°W / 40.433; -3.700

Grootste stad Madrid
Amptelike tale Spaans
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Felipe VI
Pedro Sánchez
Onafhanklikheid
Vorming
• Dinasties
de facto
de jure
• Nasionale staat
• Grondwetlike monargie
• Huidige grondwet


20 Januarie 1479
23 Januarie 1516
9 Junie 1715
19 Maart 1812
12 April 1931
29 Desember 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
505 990[2] km2  (51ste)
195 360 myl2
1,04
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
46 934 632[3] (30ste)
46 354 321
92 / km2 (112de)
238,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$1 938 miljard[4] (16de)
$41 538[4] (31ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$1 429 miljard[4] (16de)
$30 631[4] (30ste)

MOI (2017) 0,891[5] (26ste)  –  baie hoog
Gini (2015) 36,2[6] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .es
Skakelkode +34

Spanje (Spaans: España, [esˈpaɲa], ), amptelik die Koninkryk Spanje (Spaans: Reino de España, Katalaans: Regne d'Espanya, Aragonees: Reino d'Espanya, Asturies: Reinu d'España, Baskies: Espainiako Erresuma, Galicies: Reino de España, Oksitaans: Reiaume d'Espanha), is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied.

Nasa-Satellietbeeld van Spanje
Geografiese kaart van Spanje
Taalverspreidingkaart van Spanje
Bevolkingsdigtheidkaart van Spanje

Spanje is 'n grondwetlike erflike monargie nadat dit dekades lank, tot die fascistiese leier of caudillo Francisco Franco se afsterwe in 1975, deur 'n diktatoriese regime beheer is. Administratief word die land onderverdeel in 17 outonome gemeenskappe en twee outonome stede (ciudades autónomas), die eksklawes Ceuta en Melilla. Die hoofstad en grootste metropool is Madrid. Ander belangrike metropolitaanse gebiede sluit Barcelona, Valencia, Sevilla, Bilbao, Zaragoza en Málaga in.

Spanje is 'n lidstaat van die Verenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Europese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 30 Mei 1982). Dit is een van die hoogs ontwikkelde nywerheidslande en word ook onder die wêreld se grootste twintig in- en uitvoerlande gereken. Danksy 'n hoogs ontwikkelde toerismesektor is Spanje die tweede meesbesoekte land op aarde na Frankryk. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Die amptelike taal is Spaans (Castellano), met Katalaans as tweede ampstaal in die outonome gemeenskappe van Katalonië, Valencia en op die Baleariese Eilande; Baskies in die Baskeland en dele van Navarra; Galicies in Galisië; en Aranees in die Val d'Aran. Aragonees en Asturies word as streekstale erken. Die bevolking word volgens taal of dialek en kultuur onderverdeel in Kastiliane in Noord- en Sentraal-Spanje, Andalusiërs in die suide, Galiciërs in die noordweste, Baske in die noordoostelike Atlantiese kusgebied en Katalane in die noordoostelike Mediterreense streek.

Die geskiedenis van Spanje se kultuur strek terug tot in die prehistoriese tydperk toe die land omstreeks 15 000 v.C. deur die Iberiërs bewoon is wat hul naam aan die Iberiese Skiereiland verleen het. Die geskiedenis van kuns in Spanje strek oor byna twintig millennia, van paleolitiese kuns wat in grotte in die noordweste van die land aangetref word, tot Salvador Dalí se 20ste eeuse surrealistiese skilderye.

  1. Spaanse Regering (11 Oktober 1997). "Real Decreto 1560/1997, de 10 de octubre, por el que se regula el Himno Nacional" (PDF). Boletín Oficial del Estado núm. 244 (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 1 Junie 2018.
  2. "Anuario estadístico de España 2008. 1ª parte: entorno físico y medio ambiente" (PDF). Instituto Nacional de Estadística (Spain) (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 14 April 2015.
  3. "Population figures. Provisional data on 2019" (PDF) (in Engels). Ine.es. 26 Junie 2019. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 14 Augustus 2019.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Spain". Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Besoek op 14 Augustus 2019.
  5. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 14 Augustus 2019.
  6. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2019. Besoek op 14 Augustus 2019.

Spanje

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne