Sterrekunde

Die groot krater Daidalos, wat deur Apollo 11 se bemanning gefotografeer is terwyl hulle in 1969 om die Maan gewentel het.

Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling.

Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore.

Sterrekunde moenie met astrologie verwar word nie. Laasgenoemde is 'n versamelnaam vir idees oor die verband tussen die lot van mense en gebeurtenisse op aarde en die stand van die hemelliggame. Al het die twee velde 'n gemeenskaplike oorsprong, verskil hulle baie: Sterrekunde is 'n wetenskap, terwyl astrologie meer as bygeloof met skynwetenskaplike fundering aangehang word.


Sterrekunde

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne