Tradisie

Koeksisters

Die HAT omskryf tradisie as sekere gebruike, opvattings en gevoelens wat van geslag tot geslag oorgedra en in stand gehou word. Op sy beurt beskryf die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) tradisie as oorgelewerde geestelike besittings soos opvattings, gebruike en geloof, asook kontinuïteit van ontwikkeling binne 'n bepaalde groep. Die woord se oorsprong kom uit die Nederlandse traditie, die Franse tradition of direk uit Latyn traditio, wat 'oordrag’ of ‘oorlewering' beteken.

Die dra van uniform is 'n tradisie

Die begrip tradisie word in verskeie kontekste ingespan. Mens kry kosmaaktradisie, wat vir die Afrikaner koeksisters en melktert insluit. Daar is ook godsdienstradisies soos die liturgie in sekere kerke, kledingtradisies soos uniform, musiektradisie soos volksmusiek, gesinstradisies soos Sondagmiddagetes aan tafel, militêre tradisie ens.


Tradisie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne