Verenigde Arabiese Emirate

Verenigde Arabiese Emirate
دولة الإمارات العربية المتحدة (Arabies)
Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate Embleem van die Verenigde Arabiese Emirate
Vlag Embleem
Volkslied: عيشي بلادي
Ishy Bilady
(Arabies vir: "Lank lewe my Nasie")
Ligging van die Verenigde Arabiese Emirate
Hoofstad Aboe Dhabi

24°28′N 54°22′O / 24.467°N 54.367°O / 24.467; 54.367

Grootste stad Doebai
Amptelike tale Arabies
Regering Federale parlementêre
grondwetlike monargie[1][2][3]
Mohamed bin Zayed
Al Nahyan

Mohammed bin Rashid
Al Maktoum
Onafhanklikheid
2 Desember 1971
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
83 600 km2  (114de)
32 300 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
9 282 410[4] (92ste)
4 106 427
121 / km2 (110de)
313,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$779,234 miljard[5] (34ste)
$78 225[5] (7de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$501,354 miljard[5] (32ste)
$50 349[5] (21ste)

MOI (2019) 0,890[6] (31ste)  –  baie hoog
Gini (2018) 26[7] –  laag
Geldeenheid Dirham (AED)
Tydsone
 - Somertyd
GST (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD .ae, امارات.
Skakelkode +971

Die Verenigde Arabiese Emirate (Arabies: دولة الإمارات العربية المتحدة‎, Dawlat al-Imārāt al-'Arabīyah al-Muttaḥidah; dikwels afgekort tot VAE), in die omgangstaal ook net Emirate (الإمارات‎, al-Imārāt) genoem, is 'n land in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is 'n federasie van sewe emirate – Aboe Dhabi (die grootste), Ajman, Doebai, Fujairah, Ras al-Khaimah, Sharjah en Umm al-Quwain – waarvan elkeen sy eie spesifieke karakter het.

Nasa-Satellietbeeld van die Verenigde Arabiese Emirate

Ruolie is die primêre bron van rykdom in die VAE, maar die emirate is besig om hul ekonomieë te diversifiseer. So word onder meer die toerisme- en handelsbedryf massief uitgebrei. Die ekonomiese welvaart het daartoe gelei dat die ou tradisies van die Arabiese kultuur in die VAE met 'n hipermoderne infrastruktuur en 'n kosmopolitiese leefstyl verbind word. Dit het ook baie buitelandse spesialiste en ander werknemers na die VAE gelok sodat die federasie tans 'n vinnige bevolkingsgroei van byna drie persent (soos in 2013) ervaar. Net sowat 'n vyfde van die meer as vyf miljoen Emiratis, soos die inwoners genoem word, is plaaslik gebore.

Die VAE het in die laat 20ste en 21ste eeu tot een van die mees dinamiese en hoogontwikkelde ekonomieë ter wêreld ontwikkel en soms word na die federasie as die "Switserland van die Nabye Ooste" verwys.[8] In elk geval word die VAE met ambisieuse projekte en superlatiewe verbind, waaronder die hoogste gebou ter wêreld, die Burj Khalifa, die grootste moskee met plek vir 70 000 gelowiges, die langste voloutomatiese moltreinlyne en kunsmatige eilande soos The World en die palmeilande Palm Jumeirah en Jebel Ali.

Doebai en Aboe Dhabi, die twee grootste stede, het tot globale metropole en internasionale lugvaartsentrums ontwikkel, terwyl Emirates, 'n Doebai-gebaseerde lugredery, tot een van die grootstes wêreldwyd gegroei het.

  1. (en) Dona J. Stewart (2013). The Middle East Today: Political, Geographical and Cultural Perspectives. London and New York: Routledge. p. 155. ISBN 978-0415782432.
  2. (en) Alan John Day (1996). Political Parties of The World. Stockton. p. 599. ISBN 1561591440.
  3. (en) "United Arab Emirates Constitution". UAE Ministry of Justice. Besoek op 10 Oktober 2018.
  4. (en) "United Arab Emirates Population (2020)". u.ae.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "United Arab Emirates". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 15 Mei 2022.
  6. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 15 Mei 2022.
  7. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 15 Mei 2022.
  8. (de) Dieter Matthew Schlesinger en Gabriele Katharina Scheuring (reds.): Vereinigte Arabische Emirate. Wirtschaft, kultur und geographische Strukturen. WRU-Berichte, Heft 34. Materialien und Forschungsberichte aus dem Lehrstuhl für Wirtschaftsgeographie der Universität München. München 2008, bl. 1. Teks aanlyn beskikbaar: VAE[dooie skakel]

Verenigde Arabiese Emirate

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne