Verenigde Koninkryk

Hierdie artikel handel oor die land in Europa. Vir die eiland, sien Groot-Brittanje, en vir ander gelyknamige state, sien Verenigde Koninkryk (dubbelsinnig).
Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland
United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland (Engels)
Vlag van die Verenigde Koninkryk Wapen van die Verenigde Koninkryk
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Dieu et mon droit
(Frans vir: "God en my reg")
Volkslied: God Save the King[1]
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van die Verenigde Koninkryk
Hoofstad Londen

51°30′N 0°7′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117

Grootste stad Londen
Amptelike tale Engels1
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Rishi Sunak
Onafhanklikheid
Vorming
Laws in Wales Acts
• Unie van die Krone
• Verdrag van die Unie
Acts of Union
Acts of Union
• Irish Free State
Constitution Act


1535 en 1542
24 Maart 1603
22 Julie 1706
1 Mei 1707
1 Januarie 1801

5 Desember 1922
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
242 741[2] km2  (78ste)
93 723 myl2
1,51 (2015)[3]
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
67 026 292[4] (22ste)
63 182 178[5]
276 / km2 (51ste)
714,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$3 985 miljard[6] (9de)
$58 227[6] (27ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$3 588 miljard[6] (6de)
$52 427[6] (21ste)

MOI (2021) 0,929[7] (18de)  –  baie hoog
Gini (2018) 33,5[8](33ste) –  medium
Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .eu
Skakelkode +44
1. 'n Aantal ander tale wat amptelik as geldige outochthone streekstale onder die Europese Verdrag vir Streeks- of Minderheidstale. In elk hiervan is die VK se amptelike naam:
  • Iers-Gaelies: Ríocht Aontaithe na Breataine Móire agus Thuaisceart Éireann
  • Kornies: Rywvaneth Unys Breten Veur ha Kledhbarth Iwerdhon
  • Skots: Unitit Kinrick o Great Breetain an Northren Irland
    • Ulster-Skots: Claught Kängrick o Docht Brätain an Norlin Airlann of Unitet Kängdom o Great Brittain an Norlin Airlann
  • Skots-Gaelies: Rìoghachd Aonaichte na Breatainne Mòire is Èireann a Tuath
  • Wallies: Teyrnas Unedig Prydain Fawr a Gogledd Iwerddon
Die Koninklike Leuse in Skotland is Nemo Me Impune Lacessit (Latyn: "No-one harms me with impunity").
Nieamptelik.
Amptelik erkende streekstale:
in Wallis: Wallies; en in Skotland: Skots-Gaelies sedert 2004 Wet.
Gevorm as Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland. Naam het verander na Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland in 1927.
Amptelike skatting vesrkaf deur die VK Office for National Statistics.
ISO 3166-1 is GB, maar .gb word nie gebruik nie

Die Verenigde Koninkryk (Engels: United Kingdom; kort UK, VK) of Brittanje, amptelik die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland (United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland), is die grootste eilandstaat in Europa en bestaan uit die vier lande (in Engels nations genoem) Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Dit is noordwes van die Europese vasteland op die hoofeiland Groot-Brittanje geleë en beslaan daarnaas ook sowat 'n sesde van sy westelike buureiland Ierland (Noord-Ierland). Die staatsgebied word omring deur die Noordsee in die ooste, die Engelse Kanaal in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste en die noorde. As gevolg van sy koloniale verlede is daar nog steeds talle kleiner oorsese besittings.

ESA-Satellietbeeld van die Britse Eilande
DIe Verenigde Koninkryk vroeg in Januarie 2010, met 'n sneeukleed bedek

Die historiese oorspronge van die Verenigde Koninkryk strek terug tot in die tydperk van die Angel-Saksiese koning Athelstan wat in die vroeë 10de eeu n.C. oorheersende invloed oor aangrensende Keltiese koninkryke begin uitoefen het. In die volgende eeue het ook verder af geleë koninkryke deur militêre verowering onder Engelse gesag gekom.

Wallis, 'n losse verbond van Keltiese koninkryke in die suidweste van Groot-Brittanje, is deur die sogenaamde Uniewette (Acts of Union) van 1535 en 1542 formeel met Engeland verenig. Skotland, wat al sedert 1603 deur 'n Engelse monarg geregeer word, is in 1707 formeel met Engeland en Wallis verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm (Acts of Union 1707). Sedertdien is na die verskillende volke binne die Verenigde Koninkryk as Britte verwys.

Ierland het vanaf die 17de eeu geleidelik onder Engelse gesag gekom en is in 1800 volgens die Uniewet (Act of Union) formeel met Groot-Brittanje verenig. Die grootste deel van Ierland, 'n merendeels Rooms-Katolieke land, het in 1922 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verwerf, maar ses van die historiese provinsie Ulster se nege graafskappe met 'n oorwegend Protestantse bevolking het as Noord-Ierland deel van die Verenigde Koninkryk gebly.

Betrekkinge tussen die vier landsdele van die Verenigde Koninkryk is verskeie kere deur politieke, ekonomiese en kulturele spanning vertroebel. So het die regerende party in Skotland, die Skotse Nasionale Party, laat in 2014 'n vergeefse poging aangewend om Skotse onafhanklikheid deur middel van 'n referendum te bewerkstellig. Die Britse regering het politieke ontevredenheid met die tendensieel sentralistiese regeringstelsel in die laat 20ste eeu deur die skepping van streeksparlemente met sekere bevoeghede in Noord-Ierland, Skotland en Wallis probeer teenwerk.

Britse entrepreneurs, tegnici en wetenskaplikes het beslissende bydraes tot die wêreldekonomie en tegnologiese vooruitgang gemaak. So was die Verenigde Koninkryk die eerste land ter wêreld wat die nywerheidsomwenteling ondergaan het. In die tyd ná die Tweede Wêreldoorlog het die land sy internasionale invloed veral op kulturele gebied laat geld, waaronder literatuur, toneelkuns, film, televisie en popmusiek. Die lang lys van suksesvolle uitvoere sluit die Engelse taal in wat vandag orals op aarde as die leidende medium en lingua franca van ekonomie, wetenskap, kuns en kultuur gebesig word.

Van die Verenigde Koninkryk se huidige totale bevolking van 67,8 miljoen is die oorgrote meerderheid (sowat 55,2 miljoen of 81,4 persent) in Engeland saamgetrek. Die bevolking van Wallis word op 3,1 miljoen beraam (vyf persent van die VK se totale bevolking), dié van Skotland op 5,5 miljoen (agt persent) en dié van Noord-Ierland op 1,9 miljoen (drie persent). Die gemiddelde bevolkingsdigtheid vir die hele Koninkryk is 271 inwoners per km².

Die Verenigde Koninkryk is 'n stigterslid van die Britse Statebond, die NAVO en die Verenigde Nasies en was daarnaas 'n lidland van die Europese Unie.

  1. (en) "National Anthem". Amptelike webwerf van die Britse konininklike familie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Julie 2016.
  2. (en) "Standard Area Measurements (Latest) for Administrative Areas in the United Kingdom (V2)". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 5 April 2023. Besoek op 5 Maart 2024.
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 5 Maart 2024.
  4. (en) "Estimates of the population for the UK, England, Wales, Scotland and Northern Ireland". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 21 Desember 2022. Besoek op 5 Maart 2024.
  5. (en) "2011 UK censuses". Kantoor vir Nasionale Statistieke. Besoek op 5 Maart 2024.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "United Kingdom". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 5 Maart 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 5 Maart 2024.
  8. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 5 Maart 2024.

Verenigde Koninkryk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne