Algemeen | |
---|---|
Naam | 2-Metielpentaan[1] |
Ander name | isoheksaan[2] |
Chemiese formule | C6H14 |
Molêre massa | 86,178 g•mol-1 |
CAS-nommer | 107-83-5 |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Reuk | geen |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -160 °C |
Kookpunt | 60 °C |
Digtheid | 653 mg•mL-1 |
Oplosbaarheid | onoplosbaar |
Termodinamies | |
ΔfHɵ | −205,3 kJ•mol-1 |
Henry se konstante | 5,7 mol•Pa-1•kg-1 |
Warmtekapasiteit | 194,19 J•K-1•mol-1 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | -7 °C |
Selfontbrandingspunt | 278 °C |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
2-Metielpentaan, ook algemeen bekend as isoheksaan (maar 3-metielpentaan en 2,3-dimitielbutaan word alby ook isoheksaan genoem), is 'n vertakte-ketting alkaan met die molekulêre formule C6H14. Dit is 'n strukturele isomeer van heksaan wat uit 'n metielgroep wat aan die tweede koolstofatoom in 'n pentaanketting gebind is bestaan. Beide die smeltpunt en kookpunt van 2-metielpentaan is effens hoër as dié van die isomeer 3-metielpentaan, terwyl die digtheid daarvan effens laer is.
In die toepassing as 'n brandstofbymiddel het 2-metielpentaan 'n navorsingsoktaangetal van 75, motoroktaangetal van 77 en setaangetal van 29.[3]