Datums | 30 Julie - 3 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (6 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 26 (4.33 per wedstryd) |
Bywoning | 299 205 (49 868 per wedstryd) |
Meeste punte | Percy Montgomery (52) |
Meeste drieë | Bryan Habana Doug Howlett (3) Joe Rokocoko (3 elk) |
← 2004 2006 → | |
Die 2005-Drienasiesreeks was die tiende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 30 Julie tot 3 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sesde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]