Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Afrika-rotsluislang

Afrika-rotsluislang
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. sebae
Binomiale naam
Python sebae
Gmelin, 1788)

Die Afrika-rotsluislang (Python sebae) is 'n slangsoort van die familie luislange (Pythonidae) en word by die genus egte luislange (Python) ingedeel. Die spesie verskil wat velpatroon en skubbe betref van die Suider-Afrikaanse luislang. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Afrika-rotsluislang een van die grootste slange ter wêreld. Sy verspreidingsgebied strek in Afrika suid van die Sahara van die weskus tot die ooskus en suidwaarts tot in die noorde van Angola. Hier woon hy in 'n verskeidenheid tropiese en subtropiese landskappe nooit te ver van water nie. Hy is baie aanpasbaar en bewoon as kultuurvolger[1] ook landbougrond en nedersettings.

Die slang se dieet bestaan uit 'n verskeidenheid gewerwelde diere. In die gebiede met 'n hoë aantal soogdiere, vreet groot individue heel dikwels wildsbokkies wat selde meer as 30 kilogram weeg.

  1. Ook hemerofiel – 'n organisme wat op grond van mensgemaakte veranderinge aan die omgewing voordeel trek en daarom die mens en sy kultuurlandskap volg

Previous Page Next Page