Afrikanerweerstandsbeweging

Afrikanerweerstandsbeweging
AWB
Logo van die AWB (drie sewes)
Logo van die AWB (drie sewes)

Leier Steyn von Rönge
Slagspreuk God, Volk, Vaderland
Gestig 7 Julie 1973
Nuusbrief Die sweepslag
Hoofkwartier Ventersdorp, Noordwes, Suid-Afrika
Ideologie Volkstaat
Wit oorheersing
Afrikanernasionalisme
Amptelike kleure               
Webblad awb.co.za

Die Afrikanerweerstandsbeweging, of AWB, is ’n verregse politieke minderheidsgroep in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die herinstelling van ’n onafhanklike Afrikanerrepubliek ("Boerestaat" of Volkstaat) en die beskerming van boere teen plaasaanvalle. Die organisasie word deur sommige beskryf as 'n Neo-Nazi of ekstremistiese blanke-heerssugtige party.[1] Hoewel die party nie tans geweldadig is nie, was hulle wel in die 1990’s by geweldadige optredes betrokke.[2]

Vlag van die AWB, ontleen van die NSDAP se vlag en latere vlag van Nazi-Duitsland (1933–1945)

Eugène Terre’Blanche het die AWB in 1973 gestig en was tot sy moord in April 2010 die president van die beweging. Hy is deur Steyn von Rönge as leier opgevolg.

  1. Carolyn Turpin-Petrosino (2013) The Beast Reawakens: Fascism’s Resurgence from Hitler’s Spymasters to Today’s Neo-Nazi Groups and Right-Wing Extremists, Taylor and Francis. 978-0-415-48400-8
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Afrikanerweerstandsbeweging

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne