Ajna of agya[1] (Sanskrit: आज्ञा, ājñā), ook genoem die derde-oog-chakra, is die sesde primêre chakra in die liggaam volgens Hindoeïsme.[2][3] Dit is ’n deel van die brein wat sterker gemaak kan word deur meditasie, joga en ander spirituele oefening,[4][5] nes ’n spier.
In die Hindoetradisie beteken dit die onderbewussyn, die direkte skakel met die brahman. Terwyl ’n mens se twee oë die fisieke wêreld sien, onthul die derde oog ’n insig in die toekoms. Daar word geglo die "derde-oog-chakra" verbind ’n mens met sy intuïsie en gee hom die vermoë om met die wêreld te kommunikeer, of dit help hom om boodskappe uit die verlede en toekoms te ontvang.[6][7]