Akkad of Agade (Akkadies 𒀀𒂵𒉈𒆠, A-ga-deki3; Sumeries: 𒌵𒆠 URIKI) was tydens die Ur III-tydperk[1] die naam van ’n Mesopotamiese stad en die omringende omgewing. Dit was die hoofstad van die Akkadiese Ryk, wat die oorheersende politieke mag in Mesopotamië was in ’n tydperk van sowat 150 jaar in die laaste derde van die 3de millennium v.C.
Die stad se ligging is onbekend, hoewel daar ’n paar voorgestelde moontlikhede is, hoofsaaklik oos van die Tigrisrivier, rofweg tussen die moderne stede Samarra en Bagdad.[2]