Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Aktiveringsenergie

Die vonke wat ontstaan wanneer staal teen flint geslaan word verskaf die aktiveringsenergie om verbranding in hierdie Bunsenbrander aan die gang te sit. Die blou vlam sal selfonderhoudend wees as die vonke ophou omdat die volgehoue verbranding van die vlam die nodige energie vir aktivering verskaf.

In chemie is die aktiveringsenergie 'n begrip wat in 1889 deur Svante Arrhenius bekend gestel het wat gedefinieer word as die energie wat verskaf moet word vir 'n chemiese reaksie om plaas te vind. Aktiveringsenergie kan ook beskryf word as die minimum energie wat benodig word vir 'n spesifieke chemiese reaksie om plaas te vind. Die aktiveringsenergie van 'n reaksie word gewoonlik aangedui met Ea in eenhede van kilojoule per mol.

'n Mens kan aan die aktiveringsenergie dink as die hoogte van 'n potensiaaldrumpel (ook soms die energiedrumpel) wat die twee minima van potensiële energie skei (van die reagense en die produkte van die reaksie onderskeidelik). As 'n chemiese reaksie teen 'n merkbare tempo geskied moet daar 'n merkbare aantal molekules wees wat oor energie gelykstaande of meer as die aktiveringsenergie beskik.


Previous Page Next Page