Die voorgangers van Jesus saam met heiliges en martelaars , Fra Angelico (1423/24)
Allerheilige op 'n begraafplaas in Gniezno, Pole – versier met blomme en kerse ter nagedagtenis aan die oorledene gelowiges (2017)
Allerheilige (Latyn : Festum Omnium Sanctorum , letterlik: "Fees van al die heiliges") is 'n Christelike stille fees ter herdenking van al die heiliges – reeds bekendes en nog onbekendes.[ 1] In die Rooms-Katolieke Kerk se liturgiese jaar word die fees op 1 November gehou en in die Oosters-Ortodokse Kerk op die eerste Sondag ná Pinkster .[ 2] Oriëntale Ortodokse kerke van Chaldea en verbonde Oos-Katolieke kerke herdenk Allerheilige op die eerste Vrydag ná Paasfees .[ 3]
Op die vooraand van Allerheilige word Halloween gevier, oorspronklik as herdenking van die dooies.[ 4] Op die dag na Allerheilige word Allersiele ter herdenking van al die oorledene gelowiges gehou.
↑ (de ) Lichter für die Toten , katholisch.de, besoek op 22 April 2019.
↑ (en ) Sidhu, Salatiel; Baldovin, John Francis (5 Februarie 2013). Holidays and Rituals of Jews and Christians . p. 193. ISBN 978-1-4817-1140-1 .
↑ "Syro Malabar Liturgical Calendar 2016" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 April 2019. Besoek op 22 April 2019 .
↑ (en ) Bannatyne, Lesley Pratt (1 Augustus 1998). Halloween: An American Holiday, an American History . Pelican Publishing. p. 12. ISBN 1-56554-346-7 . Besoek op 22 April 2019 .