Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Alnus

Els
Elsbloeiwyses
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Alnus

Spesies

25-30 verskillende soorte

Alnus is 'n genus wat hoort tot die familie Betulaceae en bevat ongeveer 30 spesies in die noordelike halfrond. Die bome staan ook bekend as die Els-bome. Dit is 'n vogsoekende loofboom waarvan die bloeisels voor die blare verskyn. Twee bekende Wes-Europese soorte is die swart- en grysels. Hul blare toon 'n ooreenkoms met dié van die haselaar. Die blare val groen van die boom af en vertoon gevolglik geen herfskleure nie.

Die els is eenhuisig en het dus sowel manlike as vroulike blomme. Die manlike bloeiwyses is langwerpig en hangend, die vroulikes staan min of meer regop. Na bevrugting groei die vroulike bloeiwyses uit tot groen geribde keëltjies, en verryp in die herfs tot sogenaamde elsproppe (keëls sonder saad) wat so lank as 'n jaar aan die boom kan bly.


Previous Page Next Page






Alnus AN نغت Arabic النوس ARZ Alnus AST Qızılağac AZ قیزیل آغاج (بیتکی) AZB Ерек (ағас) BA Elan BAR Alksnis BAT-SMG Вольха BE

Responsive image

Responsive image