Algemeen | |
---|---|
Naam | Anilien |
Ander name | aminobenseen, benseenamien, aminofeen |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | C6H5NH2 |
Molêre massa | |
CAS-nommer | 62-53-3 |
Reuk | aromaties, amienagtig |
Reukdrempel | 2,4 dpm |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -6,3 °C |
Kookpunt | 184,13 °C |
Digtheid | 1,0297 g/mL |
Oplosbaarheid | opl. water 3.6 g/100mL @ 20 °C, metanol, eter[1] |
Viskositeit | 3.71 cP (3.71 mPa·s @ 25 °C) |
Dampdruk | 0,1 kPa @20 °C |
Kritieke temperatuur | 425,6 °C |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 4.63 |
Veiligheid | |
Flitspunt | 70 °C |
Selfontbrandingspunt | 615 °C |
LD50 | 250 mg/kg (rot; akuut) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Anilien is 'n organiese verbinding met 'n formule C6H5NH2. Anilien is die eenvoudigste aromatiese amien, bestaande uit 'n fenielgroep ('n sikliese groep atome met die formule C6H5) wat aan 'n aminogroep geheg is. Dit is 'n bedryfsbeduidende handelschemikalie, sowel as 'n veelsydige uitgangsmateriaal vir fyn chemiese sintese. Die belangrikste gebruik daarvan is die vervaardiging van voorlopers vir poliuretaan, kleurstowwe en ander industriële chemikalieë. Soos die meeste vlugtige amiene, het dit die geur van vrot vis. Dit vlam maklik aan en brand met 'n rokerige vlam wat kenmerkend is van aromatiese verbindings.[2]
Chemies word dit beskou as 'n elektronryke benseenderivaat, en reageer gevolglik vinnig in elektrofiele aromatiese substitusiereaksies. Net so is dit ook geneig tot oksidasie: terwyl varsgesuiwerde anilien 'n byna kleurlose olie is, lei blootstelling aan lug tot geleidelike verdonkering van die monster (tot geel of rooi) as gevolg van die vorming van sterk gekleurde, geoksideerde onsuiwerhede. Anilien kan gediasotiseer word om 'n diasoniumsout te gee, wat dan verskillende nukleofiele substitusiereaksies kan ondergaan.
Soos ander amiene, is anilien 'n basis (pKaH = 4.6) en nukleofiel, hoewel dit 'n swakker basis en armer nukleofiel is as struktureel soortgelyke alifatiese amiene.