Arpad

Arpad (moontlik die moderne Tell Rifaat, Sirië) was ’n antieke Aramese Siries-Hetitiese stad in Noordwes-Sirië, noord van Aleppo. Dit het die hoofstad geword van die Aramese staat Bit Agusi, wat in die 9de eeu v.C. deur Gusi van Yakhan gestig is.[1]

Tell Rifaat.

Arpad het later ’n groot vasalstad van die Koninkryk Urartu geword. In 743 v.C., tydens die Urartu-Assiriese Oorlog, het die Nieu-Assiriese koning Tiglat-Pileser III die stad beleër ná sy oorwinning oor die leër van Urartu. Dit het hom egter drie jaar geneem om Arpad te verower, waarna hy die inwoners laat uitmoor en die stad verwoes het.[2] Arpad was daarna ’n provinsiële hoofstad.[3] Tell Rifaat, wat moontlik die oorblyfsels van Arpad is, het mure van 8 m hoog wat behoue gebly het.[4]

  1. Lipinsky, Edward (2000). The Aramaeans: Their Ancient History, Culture, Religion. Peeters Publishers. p. 195. ISBN 9789042908598.
  2. Healy, Mark (1992). The Ancient Assyrians. Osprey. p. 25. ISBN 9781855321632.
  3. Kipfer, Barbara Ann (2000). Encyclopedic Dictionary of Archaeology. Springer Science & Business Media. p. 626. ISBN 9780306461583.
  4. Lipinsky, 2000, p. 529.

Arpad

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne