Bagrationi-dinastie | |
---|---|
Wapen van die Bagrationi-dinastie
| |
Land | Georgië |
Titels |
|
Laaste heerser | George XII en Solomon II |
Stigting | 600 |
Huidige hoof | Prins Nugzar Bagrationi[1][2][3] (betwis) Prins David Bagrationi[4][5][6] |
Etnisiteit | Georgies |
Afwenteling | Huis van Imereti |
Die Bagrationi-dinastie (Georgies: ბაგრატიონი) het van die Middeleeue tot die vroeë 19de eeu oor Georgië regeer. Dit is een van die oudste Christelike voormalige koningshuise in die wêreld.[7][8][9][10][11]
Die oorsprong van die Bagrationi-dinastie word betwis, asook die tyd waarin hulle hul verskyning in Georgië gemaak het. Die geskiedenis van die dinastie is egter onlosmaaklik verbind aan dié van Georgië. Hul voorvaders het die dinastie in die vroeë 9de eeu gestig as vorste van die historiese Suidwes-Georgië en die aangrensende Georgiese moeraslande wat van die Arabiere verower is.[12] Hulle het die Koninkryk van Georgië in 888 herstel. Die koninkryk het van die 11de tot die 13de eeu vooruitgegaan en verskeie gebiede verenig. Dié tyd, veral die bewind van Dawid IV (1089–1125) en sy agterkleindogter Tamar (1184–1213), word beskou as die "goue era" in die geskiedenis van Georgië – ’n tydperk van militêre en kulturele sukses.[12]
Nadat die Koninkryk van Georgië in die laat 15de eeu verdeel het, het takke van die Bagrationi-dinastie regeer oor die drie Georgiese wegbreek-koninkryke – Kartli, Kacheti en Imereti – totdat die Russiese Ryk Georgië in die vroeë 19de eeu geannekseer het.[12] Die dinastie het in ballingskap as ’n koninklike familie voortbestaan tot met die Russiese Rewolusie van 1917. Met die vestiging van die Sowjet-regering in Georgië in 1921 is sommige familielede gedwing om ’n laer status te aanvaar en hulle het eiendom verloor, terwyl ander na Wes-Europa geëmigreer het.[12] Sommige van hulle het ná die onafhanklikwording van Georgië in 1991 na die land teruggekeer.