Baileybrug

'n Baileybrug is 'n militêre hulpbrug waarby die monteerbeginsel van die meccanostel gebruik word. Dit bestaan uit eenvoudige reeds klaar gekonstrueerde standaardonderdele van staal, waarvan die grootste deur ses mans gedra kan word. Die brug, wat in 1940 deur sir Donald Coleman Bailey ontwerp is, het veral in die Tweede Wêreldoorlog 'n reuse rol in die Geallieerde opmarse in Europa en die Verre Ooste gespeel, en is veral deur die Suid-Afrikaanse Geniekorps in Italië met groot vrug gebruik. Dit word ook in enkele gevalle by padbou in vredestyd gebruik.

M10 tank ry oor 'n baileybrug

Baileybrug

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne